Boek: ‘Soldaat’ – Reynardt Hugo

Reynardt Hugo vertolk die rol van dr. Tertius Jonker in Binnelanders en was lid van die Afrikaanse popgroep ADAM. Tog, agter al sy sukses was daar ’n diep gewonde en verlore siel. Hugo praat eerlik oor die invloed wat sy ouers se egskeiding op hom gehad het, en so ook dié van drankmisbruik in hulle huis, sy swakheid vir vroue en die gevolge van sy dade.

Vandag is Reynardt Hugo ’n suksesvolle jong man wie se lewe ’n getuienis is van hoe God ’n storie van verwoesting in ’n storie van hoop kan verander.

Prys: R220,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.