Boek: ‘Toe als groen was’ – An-Mari do Carmo

An-Mari do Carmo

“Normaal. Daai woord, daai ding wat ek nooit sal wees nie.”

Volgens ’n verklaring oor die boek getiteld Toe als groen was het Marné op haar agtiende verjaarsdag van die huis af weggeloop. “Weg van Die Sending waar sy tussen groen valleie grootgemaak is, en weg van die kultus met sy tienduisend reëls wat haar hele lewe beheer.

“Marné begin ʼn nuwe lewe by haar tannie in Klerksdorp. Sy probeer leer hoe om ʼn doodnormale meisie te wees tussendeur die uitdagings van matriek in ʼn nuwe skool.

“Na jare se breinspoeling en manipulasie is dit ongelukkig nie so maklik om van die sendingdogtertjie wat sy eens was, weg te breek nie. Haar ouers en Die Sending sal nie ophou om haar te probeer opspoor nie.”

Volgens die uitgewer is Toe als groen was ʼn aangrypende grootwordverhaal wat gaan oor die soeke na self, die soeke na God en die soeke na waarheid.

Hiermee maak An-Mari do Carmo haar debuut as skrywer. Die boek is gegrond op haar weergawe van gebeure by die KwaSizabantu‑sendingstasie in KwaZulu-Natal, waar sy grootgeword het.

Oor die skrywer

Do Carmo word as tuisskoolkind groot op ʼn plaas in Noordwes, waar sy van kleins af ʼn liefde vir lees en skryf ontwikkel het. Van graad 10 tot matriek gaan sy skool op Domino Servite School by die KwaSizabantu Sending in KwaZulu-Natal.

In 2017 behaal Do Carmo haar BA-graad in taal en literatuurstudie, met skryfkuns as hoofvak, aan die Noordwes‑Universiteit. Nadat sy vir sewe maande in Frankryk gewerk het, begin sy in 2018 vir Lapa Uitgewers werk as kinder- en jeugboekredakteur en werk vandag steeds heeltyds vir Penguin Random House.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R250,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Scholtz ·

Die frase “… soeke na God …”, herinnner my aan die YouTube liedjie, Bosbrand, van Frieda Kruger, waarin sy sing haar oge was gesluit om God in die hemel te gaan haal, maar al die tyd was Hy nader aan haar as haar voete-val, haar moedertaal, haar asemhaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.