Boek: ‘Toekomsmens’ – Hoe lyk Pretoria in 2057?

Isa Konrad

Prys: R290,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

Pretoria, 2057. Dertig jaar nadat Johannesburg in ’n spookstad verander het, word die Nuwe Republiek van Suid-Afrika deur die Toekomsparty en ’n Raad van Twaalf regeer. Kel de Jong werk as ’n programmeerder in die Intelligensieburo. Sy geordende lewe word in chaos gedompel wanneer ’n militêre observasiesatelliet ’n jong kind op die verlate N1 tussen Pretoria en Johannesburg ontdek. Op dieselfde dag word In-Grid, die Intelligensieburo se sentrale kunsmatige intelligensie, in ’n aanval vernietig. In die chaos wat volg aktiveer Kel In-Grid se prototipe en ontdek dat dit die herinneringe van Agnes Baumer bevat, ’n vrouespioen in Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog. Met behulp van tydreise ontdek Kel in die verre verlede die waarheid agter die gebeure in sy hede.

Oor die skrywer

Isa Konrad het in Namibië grootgeword, maar woon tans in Switserland. Sy verdeel haar tyd tussen Solothurn, ʼn barokstad op die Aare-rivier, en ’n huis in die Alpe naby die grens met Italië. Plekke inspireer haar en mense fassineer haar. Agt van haar romans is as Romanzas uitgegee. Daarby het sy ook spanningsromans, insluitend Die ondenkbare, Die soenoffer en Diva gepubliseer. Die soenoffer is ’n sielkundige riller en die storie van ’n negejarige reeksmoordenaar. Dit was Lapa Uitgewers se Lekkerlitboek van die jaar in 2012 en ’n finalis in die ATKV-Woordveertjieprys vir Spanningslektuur in dieselfde jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.