Die nasionale polisiekommissaris word versoek om ondersoek in te stel na die Wes-Kaapse provinsiale polisiekommissaris en haar bestuurspan se ondeurdagte optrede tydens die hantering van ’n vreedsame protes in die Kaapstadse middestad.
Lees meerAlles vir Woensdag 23 September 2020
Lungisa moet bewerings terugtrek, eis regters
Appèlhofregters neem met kommer kennis van uitlatings deur Andile Lungisa dat sy saak nie regverdig aangehoor is nie, glo weens politieke en familiêre verbintenisse van die regters en onregverdige inmenging by die betrokke howe.
Berugte wildsmokkelaar gevonnis
Hy is tydens sy inhegtenisneming met vyf renosterhorings, 14 stukke perlemoen, drie seeperdjies en twee seekomkommers betrap.
Eldoradopark-skietery: Polisiebeamptes weer in hof
Drie polisiebeamptes het Woensdag weer in die Protea-landdroshof in Soweto verskyn in verband met die dood van Nathaniel Julies van Eldoradopark.
Zuma-stigting ontstig oor Zondo se uitsprake
Die Zuma-stigting het Woensdag in ʼn verklaring gesê hy neem met afkeur kennis van die uitsprake deur die voorsitter van die Staatskapingskommissie wat ten doel het om pres. Zuma en sy prokureurs te verneder.
ToekomsVenster: God se beloftes
Die beloftes het ʼn duidelike voorwaarde voordat dit toegeëien en ervaar kan word. “As jy” lui telkemale die voorwaardes in.
Radioman saai tydelik nie uit oor Covid-19
Sy stiefpa is verlede maand aan Covid-19 dood.
Verhoordatum oor beweerde korrupsie in George bekend
ʼn Verhoordatum is vasgestel vir vier senior amptenare en ʼn voormalige burgemeester van George wat aangekla word van korrupsieverwante gedrag in die DA-beheerde munisipaliteit.
Pasgebore babas knus in weldoeners se mussies
Danksy ʼn mediese student, haar ma en honderde weldoeners is byna 5 000 mussies vir pasgebore babas geskenk.
Oranje vaatjies wys ekonomiese herstel in Stellenbosch
In die historiese stadskern van Stellenbosch is daar deesdae ʼn nuwe toevoeging wat die aandag trek – oranje wynvate op die sypaadjies.
Dís wat ANC vir vlug na Zim moet opdok – DA
Die DA sê terwyl talle Suid-Afrikaners gebrandmerk is omdat hulle tydens die afsonderingstydperk gaan draf of branderry het, het die ANC dit goedgedink om ʼn lugmagstraler vir sy partysake te gebruik.
Neurochirurg skilder somber Schumacher-prentjie
“Is daar enige kans dat die wêreld hom weer sal sien soos wat hy vóór sy ongeluk was? Ek dink werklikwaar nie so nie.”
Die wêreld in foto’s – 23 September 2020
Die polisie in Parys, Frankryk, het die gebied om die Eiffeltoring afgesper ná ʼn bomdreigement ontvang is.
Polokwane-moorde: Beloning vir inligting oor dié man
Owen, ʼn Zimbabwiër, gebruik een van die volgende vanne: Setsiba, Makutara of Mbedzi.
Akademia hou weer inligtingsessie by studiesentrums
Die program vir die sessie is saamgestel om ʼn oorsig van Akademia te bied, die model en aansoekproses te verduidelik, sowel as om knaende vrae te beantwoord.
Gedig: Laat ons skyn
Marius Titus se gedig, “Laat ons skyn”
Vyf doodgeskiet ná transitoroof
“Met die span se aankoms by die huis het ’n skietgeveg tussen die rowers en die polisie uitgebreek.”
‘Moenie jou erfenis verwaarloos’ – AfriForum
“Wanneer ons iets wil doen om ons erfenis te bewaar, hoef dit nie net om geskiedenis te draai of groot uitgawes te behels nie. ’n Mens kan ’n inheemse boom plant of ’n uilhuis oprig, ’n Afrikaanse boek lees of familiestaaltjies oorvertel.”
Enkele goeie daad lei tot groot droogtehulpprojek
“Ek het hoendervleis deur my hele lyf gekry, dit was asof die Gees in my ingekom het. Daarna het ek my vriende gebel en gesê ons moet weer gaan help.”
Bejaarde egpaar aangeval, van duisende rande beroof
Die aanvaller is glo een van hul werknemers en hy het met derduisende rande op die vlug geslaan.