Gedig: Laat ons skyn

Argieffoto (Foto: Tham Yuan Yuan/PIxabay)

Marius Titus (Geb. 1946)

Groot Master, maak oepe ons harte
en bou fuse-bokse in.
Vir wanner ons moeg is
ennie bloeddruk hoeg is,
vir wanner ons kwaad is
ennie worries ons klaarmaak …
Vir wanneer ons nie fully
in control is van onsself.

Want, wanner die riots warm word,
dan hoef ons mossie yt te brand …
Dan blaas ons nette fuse.

Maar wanner die final tripswiets afgaan
en allie fuses is geblaas –
Gee dan aan ons Hiemelse fuses,
wat ons laat skyn
en nie laat brand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.