Boek: Twee dekades se skokverhale op Stellenbosch

Julian Jansen

Stellenbosch staan internasionaal bekend as ʼn dorp van weelde en wyn, ʼn plek van pragtige natuurskoon en mooi mense. Dit is die tuiste van Suid-Afrika se sake-adel, geleerde professore en studente bestem vir groot dinge.

Maar dié idilliese beeld wat in reisbrosjures en op sosiale media voorgehou word, versluier ʼn skadukant. Tussen die ou eikebome, blou berge en geskiedkundige wynplase broei dieselfde boosheid wat Suid-Afrika een van die lande met die hoogste moordsyfers ter wêreld maak.

Die afgelope twee dekades het verskeie opspraakwekkende moordsake op dié dorp koerantvoorblaaie gehaal. Inge Lotz, Hannah Cornelius, Susan Rohde, die Van Breda-gesin…

Julian Jansen se jongste boek, Moord op Stellenbosch: Twee dekades se skokverhale, gaan ook oor Stellenbosch se minder bekende slagoffers soos dié van die plaaswerker Felicity Cilliers – ‘n vrou van wie die wêreld vergeet het.

ʼn Uiteenlopende verskeidenheid slagoffers en moordenaars tree in die blaaie van dié boek na vore en wys dat nie eens Stellenbosch die oersondes kan vryspring nie.

Oor die skrywer

Jansen is ʼn skrywer en bekroonde ondersoekende joernalis. Hy is die skrywer van die topverkoperboeke Die De Zalze-moorde en Seuns sonder pa’s. Hy woon in die Strand.

Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R295,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie Biebouw ·

Nou wonder ek wat sal nou nuwe nuus wees in die dié boek? Al die moorde was deur inkommers gepleeg. Andrew Jordaan het kom moor, Rhode het kom kuier, Inge se moordenaar het kom swot, Van Breda het van Australië gekom, Hannah se moordenaars het kom moor van Kuilsrivier, Stefan Smit se moordenaar het kom trou…..dus kwalik ‘n Stellenbosch “versluierde skadukant” of ‘n refleksie op die dorp en Stellenbossers.

OW ·

Stem saam.Die hele land is misdaad vodde,en waarom juis Stellenbosch uitsonder.

Hennie Biebouw ·

Seker omdat “Stellenbosch” meer boeke verkoop…?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.