Boek: ‘Verbode drif’ – Irma Joubert

Irma Joubert

Sy’s ʼn boeremeisie, hy ʼn Jood. ʼn Boerejood, ja, maar nogtans ʼn Jood. Vir hulle liefde is daar geen toekoms as hulle dit nie self skep nie.

Terwyl hulle jonk is, dink hulle nie aan die toekoms nie, leef hulle vir die nou, glo hulle die verskille kan oorkom word. En Izak Katz, weet Elizabeth, maak altyd ʼn plan. Altyd.

Hy, met sy lag, sy terg, die sagtheid in sy oë. Die paadjie wat aan hulle toebedeel is, is ongelyk. Soos die middelmannetjie in die drif. Hulle weet van mekaar vermy, van voorgee sodat niemand iets vermoed nie. Van wag. En van liefhê… Totdat Elizabeth gedwing word om ʼn doodsbelofte te maak. En sy weet, sy wéét, hierdie keer is dit verby, nie eers Izak sal nou meer raad hê nie.

Oor die skrywer

Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld (Modimolle) en het aan die Universiteit van Pretoria studeer. Sy het eers begin skryf toe sy einde 2004 afgetree het ná 35 jaar in die onderwys.

Joubert publiseer verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte en sy is in 2005 as Media24 se “Spesialis Joernalis van die Jaar” aangewys. Haar Tussen stasies– en Pontenilo-trilogieë, asook die eerste boek van haar oorlogstrilogie Immer wes, is in Nederlands vertaal waar dit telkens op topverkoperlyste verskyn. Vier van haar boeke is ook reeds in Duits vertaal en HarperCollins in die VSA het The Girl from the Train (Tussen stasies) in 2015 wêreldwyd bekend gestel.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R270,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.