Boek: Vergeet my nie

François Bloemhof

Dit was voorwaar nie ʼn eenvoudige paadjie nie. Hulle ontmoet skrams. Ontmoet weer – en vind mekaar. Maar só maklik gaan dit nie wees nie, want so diep as wat hulle gevoel vir mekaar mag wees, beur die twee in heeltemal verskillende rigtings…

Kom reis terug in die tyd (van 1997 tot 2000) vir hierdie twee mense se sonderlinge verhaal. Dit is ook ʼn reis deur verskillende ruimtes – van Potchefstroom tot Londen, Kaapstad en Namibië.

Oor die skrywer

François Bloemhof is die skrywer van meer as 40 boeke vir volwasse, tiener- en jeugmarkte. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon. Bloemhof is ʼn vryskuttaalpraktisyn en woon in Durbanville.

Genre: Liefdesverhaal
Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R240,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.