Boek: ‘Wie skrik vir Wortel Wolf?’ – Leon-Ben Lamprecht

Leon-Ben Lamprecht

Die bekende sprokies Die drie varkies, Rooikappie en Die seun wat Wolf! geskree het, word in hierdie beginnerleesboek op hulle kop gekeer.

Wortel, die vegetariese wolf is die hoofkarakter in al drie verhale. Hy klop aan om knoffel vir sy sop te leen by drie varkies wat in sy straat intrek. Hy loop Rooikappie in die bos raak net toe gevaar dreig en in Namakwaland help red hy oom Jan se skape uit die kloue van ʼn … jakkals!

Wie skrik vir Wortel Wolf? is geskryf deur Leon-Ben Lamprecht met illustrasies deur Nicolene Louw. Dit is geskik vir kinders tussen ses en nege jaar.

Oor die skrywer

Lamprecht het drie jaar as verslaggewer by Die Burger gewerk, voor hy as joernalis vir Weg! die land platgereis het. Sy hoogtepunt was om saam met ʼn sirkus deur die Karoo te toer. Hy is die afgelope sewe jaar ʼn finansiële adviseur (dit wat mense nou nog as polissmouse beskryf). Lamprecht het ʼn BCom-graad en ʼn nagraadse diploma in finansiële beplanning, asook ʼn meestersgraad in joernalistiek voltooi. Van sy artikels en rubrieke, wat in Weg! verskyn, is opgeneem in die Best Books Eksamenhulp- Afrikaanswerkboekreeks vir leerders wat Afrikaans Huistaal of Eerste Addisionele Taal as vak in gr. 8 tot 12 neem.

Lamprecht skryf graag rubrieke en stories. Hy woon in Wellington saam met sy vrou, drie kinders en drie honde. As jy wonder waar hy is, is hy waarskynlik besig om kitaar te speel of te braai.

Prys: R150,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.