Boek: ‘Wolk’, ʼn roman vir jong volwassenes

Hannes Barnard

Rufus en Xandr het pas gr. 10 voltooi. Dié twee ken mekaar van kleins af. Hulle het al talle eerstes saam beleef – om te sê hulle is beste vriende is eintlik ʼn onderbeklemtoning.

Rufus, eintlik Ruth maar Xandr noem haar Rufus, se pa het egter besluit dat die gesin die land moet verlaat.

Die vriende moet afskeid mekaar neem en beplan om hul laaste eerste – die belangrikste eerste – saam te hê.

Dis net hulle twee wat wegglip in ’n baie ou Mazda Midge om vir ʼn paar dae iewers in ʼn grot te gaan bly. Sal hulle die plan kan deurvoer?

Dinge verloop egter baie anders as wat hulle beplan het daar naby Clarence in die Oos-Vrystaat.

Prys: R220,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.