Die Swart Kat slaan ‘n nar en verdere avonture

Chris Sasner

‘n Verwarde dief wat homself Die Nar noem en hou van publisiteit; ontvoerings; spioenasie… Ja-nee, die Swart Kat het weer sy misdaadbestrydende hande vol! Hoe sal die gemaskerde held die skurke hierdie keer uitoorlê? Sal hy die raaisels kan oplos voor die simpel sersant Kobus Bril dit regkry? En belangrikste van alles: Gaan almal hierdie keer weet dat die Swart Kat toegeslaan het?

Die verhale van die Swart Kat het eers in die Jeugtydskrif Patrys verskyn. Later volg daar vyf boeke wat die gewilde TV-reeks tot gevolg het, met vier reekse van dertien episodes elk.

Oor die Outeur:
Chris Sasner is ‘n skuilnaam van Gert Basson. Gert is joernalis, skrywer en uitgewer wat tans op Swellendam woonagtig is. Hy is as hoofuitgewer verbonde aan die Swellendamse uitgewerhuis Hartbees. As joernalis was hy verbonde aan die tydskrifte Avontuur/Die Lewe, Nonquai/Servamus, assistent-redakteur van Die Suidwester en redakteur van die jeugtydskrif Patrys. As uitgewer was hy hoof van belletrie van Voortrekkerpers/Perskor; bestuurder Perskorboekklubs; bestuurder-uitgewer: Juventus, Femina en Folio: hoofuitgewer J.P. van der Walt tot met sy uittrede in 1998.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R110-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.