Luister: Vatbaarheid vir alkoholmisbruik

(Foto: Helena Yankovska/Unsplash)

“Niemand raak opsetlik aan alkohol verslaaf nie,” sê Willie Pienaar in die vierde episode in Maroela Media se podsendingreeks oor alkoholmisbruik.

“Mense raak aan alkohol verslaaf omdat dit ʼn dwelmmiddel is. Die verslawing ontwikkel mettertyd en as dit jou eers ingekatrol het, is dit waar jy met die alkoholprobleem sit.”

Pienaar wys verder daarop dat die genot van alkohol nie by die smaak inkom nie, maar by die uitwerking wat dit het.

“Alkohol maak so lekker, want dit smaak so lekker? Nee. Dit is ʼn aangeleerde smaak, iets wat jy leer om te geniet. Ons drink alkohol eintlik vir die kalmerende uitwerking wat dit as gemoedstabiliseerder het.”

Ander faktore wat ʼn rol speel, is sosiale omstandighede – soos stres en trauma – en genetiese aspekte.

“Alkohol het nog nooit enigiemand se probleme weggevat nie. Dit verdoof die gevoelens en jy vergeet dalk ʼn oomblik van jou sorge, maar dit neem niks weg nie. Alkohol bied net ʼn tydelike ontvlugting.

“As jy ʼn oorweldigende hoeveelheid stres ervaar en jy sukkel om dit te hanteer, is dit beter om professionele hulp daarvoor te kry,” meen Pienaar.

In die volgende aflewering van die reeks gesels Pienaar oor die invloed wat alkohol op ʼn mens se liggaam het.

Die reeks is gegrond op Pienaar se boek, Sober: ʼn Praktiese gids na vryheid van verslawing, wat deur Luca, ʼn druknaam van Lapa Uitgewers, uitgegee is.

  • Luister boaan na die vierde episode van Maroela Media se podsendingreeks oor alkoholmisbruik.
  • Luister na vorige episodes in die reeks hier.
  • Sober kos R240 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek by Graffiti Boeke aan te skaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.