Oupa Olivier weet van niks

deur Lien Roux-De Jager

Oupa Olivier het baie seëls. Hy vertel ook lekker stories oor die seëls. Maar Stian kom agter Oupa Olivier vergeet baie dinge. Stian se sussie en boetie lag vir Oupa daaroor, maar Stian gee nie om nie. Hy help liewer sy oupa onthou.
Eendag besluit Stian dat hy en Oupa Oliver dieretuin toe moet gaan. Hulle het so lekker rondgeloop, dat nie een van hulle twe later kon onthou waar die uitgang is nie …

Oor die outeur:
Lien Roux-De Jager is ook bekend as roman- en jeugverhaalskrywer.Sy skryf ook onder die name Heléne Roux en Joléne de Koningh en het onder andere geskryf: Eendag was daar ’n oorlog (finalis vir die Sanlamprys vir jeuglektuur), Kamp F51, Salakwanda die Towenaar, Anderkant die berge, Monsterduiwe, Die Doemprofeet, Woestynvuur en Emma se oorlog.

Uitgewer: Protea Boekhuis
prys: R100-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.