Video: Freek Robinson gesels oor sy memoires

Freek Robinson het die afgelope 45 jaar van die grootste nuusgebeure eerstehands ervaar. As radio-omroeper, TV-joernalis en nuusanker was hy ʼn gereelde besoeker in miljoene Suid-Afrikaners se huise.

Dié boek verweef die lewe en loopbaan van een van ons land se mees gerespekteerde en geliefde joernaliste en gee ʼn besondere blik op die ingrypende nuusomwentelinge in ons onlangse geskiedenis. In sy memoires deel Robinson dít wat hy agter die skerms beleef het.

Hy vertel hoe hy uit Soweto moes vlug vir sy lewe, skryf oor ʼn geheime ontmoeting met Thabo Mbeki in ʼn kroeg in Londen en verklap selfs dat hy lirieke vir Laurika Rauch geskryf het.

Robinson is nou semi-afgetree en was voorheen die aanbieder van Fokus (SABC 2), Praat Saam (RSG), Robinson Regstreeks (kykNET) en die hoofanker van eNuus. Hy besit sy eie kommunikasiemaatskappy en gee opleiding aan sakeleiers in mediavaardighede. Robinson skryf nog gereeld meningstukke wat op Maroela Media verskyn en lesers kan hier klik om alle vorige skryfwerk van Robinson te lees.

Freek Robinson – Op die man af het pas by NB-Uitgewers verskyn en dit kos R290 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Daniëlla van Heerden het met Freek Robinson oor sy memoires gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

  • Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.