Het jy geweet dat jy elke dag jou daaglikse dosis Afrikaans reg hier op Maroela kan kry?
Elke dag laai ons ‘n Taaltoffie – dit is ‘n interessante woord in Afrikaans, ‘n woord wat in onbruik verval het, ‘n lekkersê-uitdrukking, waar ‘n spesifieke uitdrukking vandaan kom, ‘n interessante of bekende gedig, sommer net alles wat pure Afrikaans is!
Jy kan ook jou stuiwer in die armbeurs gooi. As jy ‘n uitdrukking of woord het wat jy op die Taaltoffie-blad wil sien, skryf gerus aan ons by [email protected] – ons hoor graag van jou!