‘Drake’ daag mekaar uit om kinders te help lees

Foto verskaf aan Maroela Media deur Magna Carta

Foto verskaf aan Maroela Media deur Magna Carta

Die jaarlikse draakbootwedvaart vind Saterdag by die V&A Waterfront in Kaapstad plaas.

Die opvoedkunde uitgewer, Oxford University Press, vat vanjaar hande saam met die Mandela Rhodes-stigting wanneer roeiers mekaar gaan uitdaag om Madiba se nalatenskap en toewyding tot opvoeding te vier.

Die prettige geleentheid begin by Mandela se standbeeld op Nobel-plein waar ʼn lourierkrans neergelê sal word.

ʼn Aantal draakboot-wedvaarte vind daarna plaas tussen Oxford University Press, die Mandela Rhodes-stigting, twee banke en ʼn paar jongmense.

Die publiek word genooi om dié geleentheid gratis by te woon.

Alle geld wat tydens die wedvaart ingesamel word, word geskenk aan Wordworks, ʼn niewinsgewende-organisasie wat vroeë taal- en geletterdheidsopleiding onder kinders uit voorheen benadeelde gemeenskappe in Suid-Afrika bevorder.

Geleentheid: Oxford Paddle to Read for Madiba Dragon Boat Race
Venue: V&A Waterfront Marina (naby Den Anker-restaurant)
Datum: Saterdag, 5 Desember 2015
Tyd: 09:00 – 12:00
Ingangsfooi: Gratis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae