Gedig: die dromer

Argieffoto (Foto: Hermann Traub/Pixabay)

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.

“die dromer” deur Theo Erns Botha

daar drentel hy deur die doringdraad-gat
dan oor die treinspoor —
kyk nie links of regs nie —
in sy bruin vellies
kamma glimlag in sy kies

daar drentel hy deur die doringdraad-gat
aan die anderkant —
draai sy neus
na die sonneblom in die lug
glimlag in sy kies

daar drentel hy
met sy tassie in sy linkerhand
en sy jassie op sy rug
en sy kombersie in sy regterhand
sy vellies: sleep-sleep oor die tolbosse

daar doer drentel hy dan steeds:
sy figuur oor die horison
ʼn sirkel wat radius verloor
nou amper net ʼn spikkel

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.