Gedig: Djou hanne

aftrede-hande-senior-burger-hekel

Foto: Congerdesign/Pixabay.com

Deniel Berry

Djou hanne het my gedra
gevoed, gekoester jaar na jaar
Djou hanne, nooit te biesag
om omgie take te ve’rig
Djou hanne ken geen rus
net stampe en kneus plekke
maa’ nooit was djou hanne te seer
om ôs lesse van’ie lie’we te leer
Djou hanne, soms natgeswiet
vingers styf teen’ie palm vasgedruk
van al’ie angs, stres en dinge wat pla
maa’ dit alles het djy gedu’lag ve’dra
Djou hanne, ken min vertroet’ling
en dra soms pyn in elke segment
Maa djy’t ôs met liefde bedien
in al ôs daaglikse needs voo’sien
Djou hanne
simbool van liefde
delicate en sag
het al soe baie ve’mag
Djou hanne gie hoep vir’ie toekoms
ʼn oep palm
meti kragtige greep
Altyd gereed om ôs te dra en ondersteun
Djou hanne tog soe uniek
ʼn mooie herinnering
Merkwaardig en enig in djou soort
Djou liefdevolle aanraking
leef vi’ ewig voort

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red
  • Deniel Berry het derde geëindig in die Ingrid Jonker L’ Art Poétique-digkompetisie vir 2021. Lees hier meer oor die kompetisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.