TT Cloete (Geb. 1924)
ek het om my te vestig in vreugde ʼn huis gebou
vir stoeiende seuns vlinderige dogters verwek
in ekstase en ʼn geliefde teer gekweste vrou
vir baie vriende om nes te maak
ʼn plek vir swaels hangplek
vir baie skilderye wat bewaak
moet word boeke rak op rak om huis te hou
vir die groot stilte wat skrikgewek
aardebewend in die dak in die stene en die fondament kraak
Dankie TT – so mooi!