Gedig: Jy is

(Foto:
Văn Thắng/Pexels.)

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.

“Jy is” deur Antoinette Venter  

Jy is my snoesigste ou wolkombers
my donker nag se reddingskers
die room wat op my koffie dryf
die een vir wie ek verse skryf.

Jy is my ek-is-bang ou teddiebeer
die een wat my van liefde leer
jy is dan ook my reddingsboot
die een wat daar is in my nood.

Ek wou dan net nog dit hier sê:
jy is al wat ek nog ooit wou hê.

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.