Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.
“Ouboet” deur Jaco Mostert
Vanaand het ek op jou foto afgekom
groter, ouer as ek
bree skouers groot glimlag
massiewe goue hart het jy gedra
jou lus vir die lewe so gou afgemeet
op vyf-en-twintig die oorgaan ingedans
die groen weivelde jou tuiste
die fontein verkwik jou siel
jou stem dans nou saam met die aandsang
jou helder oë weerkaats in die son
jou hart het jy terug gegee
jou asem vir die wind
die gemis maak seer,
herrineringe maak heel
ontmoet sal ons weer
gesels sal ons weer
lag sal ons weer
en leef ja leef
sal ons weer
en liefhê sal ons weer.
- Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red