Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.
“Sien jou later” deur Tian Nienaber
Ons wou berge versit,
ons wou die Griekse kafee op die hoek
van Darlingstraat besit.
Nou is ek hier en jy nie.
Maar ek weet jy bou nie net ʼn kafee nie;
ʼn hele museum van gedagtes,
herinneringe
en sprokiesverhale
selfs in die maan se kraters.
Dankie.
Sien jou later.
- Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red