Gedig: Uit: Verliese

Argieffoto (Foto: hyunsang hong/Pixabay)

Barend J Toerien (1921 – 2009)

Uit: Verliese
V

Ek klim die trappe op na my kamer
Afwesigheid klim ook saam
En as ek my stoel nadertrek aan die tafel
sit Afwesigheid ook aan
Ek eet dit soos die vetterige eiers
Ek lepel dit in my kitskoffie
As dit so aanhou spreek ek ditnog seker aan:
Naand Oubaas Afwesigheid, naand
met egskeiding se naam!
En hoe is Leegte-in-die-Lug?

Ek kruip in my bed
Afwesigheid lê koud aan
Ek het ʼn pal metgesel en is nooit alleen nie

Hy hou my te styf vas
Ek versmoor in sy arms!

New York 1965

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.