Gedig: Welkom tuis

Foto ter illustrasie. (Foto: Omar Lopez/Unsplash)

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.

“Welkom tuis” deur Luwattlon Kiewiets

Jy het gedans op die maat van
jou mamma se hartklop.

Rats tekere gegaan.
Veilig weggebêre tussen die lae van menselike anatomie
en weggesteek van die onbekende wrede wêreld.

Daar was ʼn gedobbel oor jou geslagtelike voorkoms,
ietsie pienk, ietsie blou,
iets neutraal soos mentgroen of pastelgeel.

Kwart voor drie het jy jou debuut gemaak,
jou velkleur was ʼn reënboogpigment en
jou oë gevul met verskietende sterre.

Jy is warm verwelkom deur ʼn koor familielede
met diep en hoë stemme
en vyf paar oë vraend op jou.

En in my afwesigheid,
liefste klein-nig,
met liefde, opgewondenheid, omgee en prys
ʼn klapsoen vir die verlore tye.

Welkom tuis.

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.