‘n Bohaai opskop

Uitdrukking:
‘n Bohaai maak/opskop

Betekenis:
‘n Lawaai veroorsaak

Waar kom dit vandaan?
Vroeër is gemeen dat die woord in die Bataafse hawens deur die Nederlandse matrose by die Javane gehoor is. Dié het naamlik as hulle ‘n krokodil sien, almal gewaarsku deur die Maleise naam van die reptiel, bohéa of bohaya of boewaja luid uit te roep. Dit was ‘n vergissing, omdat die woord reeds in 1573 in Nederlands opgeteken is, dus voor die reise na die Ooste.

Uit ander dialekte en tale is duidelik dat dit bloot die koppeling van twee tussenwerpsels is, naamlik boe en ha wat gebruik is om iemand skrik te maak. Die woord is later ook gebruik vir “drukte, rumoer, geraas, onnodige geskreeu”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.