Uitdrukking:
Rose op iemand se pad strooi
Betekenis:
Iemand se lewe veraangenaam
Waar kom dit vandaan?
Sedert Romeinse tye word rose of ander blomme by feestelike geleenthede gestrooi, byvoorbeeld by huwelike voor die jong egpaar (waar ons vandag konfetti strooi) as sinnebeeld van die maneskyn en rose wat hulle toegewens word. Kleopatra, byvoorbeeld, het by ‘n banket rose tot ‘n meter diep laat strooi; Nero het rose by ‘n fuifparty op sy gaste se koppe laat reën, en die Romeinse keiser, Elagabalus, het in die 3de eeu n.C. sy gaste so onder rose verswelg dat ‘n paar daarin verstik het.