Uitdrukking:
Eerlik het ‘n os geslag (en Fatsoenlik het hom opgeët)
Betekenis:
Iemand se eerlikheid is dikwels skyn.
Waar kom dit vandaan?
Eerlik is hier ‘n persoonsnaam, net soos Fatsoenlik en die uitdrukking is ‘n verafrikaansing van die Nederlandse weergawe: Vroom stal een koe (Vroom het ‘n koei gesteel). Vroom was die bynaam van ‘n 18de-eeuse dief, en die spreekwoord wil dus sê dat ‘n mens nie moet peil trek op die betekenis van die naam van ‘n persoon nie.