Uitdrukking:
Iemand pluimstryk
Betekenis:
Iemand kruiperig vlei
Waar kom dit vandaan?
Eintlik beteken dit om alle veertjies (pluimpies) en pluisies op sy klere af te trek deur met die hand daaroor te stryk.
Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
- Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red