Uitdrukking:
Iemand se ore brand
Betekenis:
Daar word van iemand gepraat
Waar kom dit vandaan?
Volgens kenmerkend bevooroordeelde oorlewering was dit gunstige kommentaar as jou regteroor gebrand het, en ongunstig as dit die linkeroor was.
Hierdie geloof word reeds deur Plinius die Ouere in die eerste eeu n.C. gesteun. Sommiges meen dat as jy jou tong byt terwyl jou linkeroor brand, die kwaadspreker dit ook sal moet doen en sodoende sal moet stilbly.
In teenstelling met die Romeine was daar ‘n volksgeloof in Duitsland dat die linkeroor se brand beteken dat jy geprys word.