Uitdrukking: Iets te berde bring

Argieffoto

Uitdrukking:
Iets te berde bring

Betekenis:
Dié vaste uitdrukking be­teken om iets ter sprake te bring, dit as ’t ware ter tafel te lê vir bespreking.

Waar kom dit vandaan?
Volgens die EWN het berd in vroeë Nederlands “bord, plank, tafel” beteken, maar in moderne Nederlands is dit, soos in Afrikaans, slegs nog bekend in die uitdrukking te berde bring of te berde kom. Laasgenoemde is in Afrikaans nie baie algemeen nie, maar kom tog voor.

Bronne: HAT Taalgids

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.