Uitdrukking:
Kolmuis vreet wasgoed
Betekenis:
Gesê as iemand se klere in die gleuf van die boude optrek.
Waar kom dit vandaan?
Kolmuis is dikwels die naam van ‘n koei wat ‘n kol voor die kop of kolle op die lyf het. Die beeld van ‘n koei wat wasgoed vreet, is waarskynlik in geselskap om kuisheidsredes gebruik.
So gepas van Afrikaans wat alles so mooi kan sê. net weer `n bewys van geen ander taal soos Afrikaans.
Al waarvan dit ‘n bewys is, is dat jy min kennis van ander tale het. Dink jy regtig ander tale het nie ook “raak” sêgoed nie?
My vrou se hulle ken dit ‘Os vreet lap’
ag regtig Paul, ons twyfel nie in ander tale se se goed nie, maar hierdie taal is ons trots
Wie is “ons”?
Ek het reageer spesifiek op Philip se woorde wat te kenne gegee het dat hy reken geen ander taal kan “alles so mooi sê” nie.
Ons ken dit as “Wolmuis eet wasgoed”.
Ai tog Paul, ek reken ook so. Liefde vir my taal dis al. Wil jy nou ‘n vervelige debat hieroor voer. Jy kan hoeveel ander tale ken en praat maar jou moedertaal bly bo!
My ma het altyd gesê “Witlies vreet wasgoed”
2 dinge is seker:
1. Die boudgleuf gaan n briek merk op die wasgoed los.
2. Die wasgoed gaan n gat in he na dese.