Toeriste en inwoners in Kaapstad sal van vandag af opmerk hoe die bekende geel New7Wonders of Nature-rame een vir een verdwyn
Lees meerAlles vir Dinsdag 5 April 2016
Zuma oorleef mosie
Die ANC het Dinsdag in die nasionale vergadering ʼn mosie deur die opposisie, dat pres. Jacob Zuma in ʼn staat van beskuldiging geplaas moet word, uitgestem.
‘Vermiste’ studenteaktivis vergader met Valke
Die studenteaktivis Vusi Mahlangu het Dinsdag glo met die Oos-Kaapse tak van die Valke vergader.
Só sê LP’s oor Zuma
LP’s het Dinsdag in die nasionale vergadering hul stem uitgebring in ʼn mosie om pres. Jacob Zuma in ʼn staat van beskuldiging te plaas.
Zuma het nié ampseed verbreek nie, sê presidensie
Die presidensie het Dinsdag berigte verwerp dat pres. Jacob Zuma sy “ampseed verbreek” het bloot omdat die konstitusionele hof beslis het dat hy vir nie-veiligheidsopgraderings by sy Nkandla-huis moet betaal soos die openbare beskermer hom aangesê het om te doen.
Griffonsliga: Welkom werk hard teen Klerksdorp
Welkom moes Saterdag hard werk om die Luiperdsklub Klerksdorp in die nuwe Griffons-Luiperdsliga te klop.
KZN-molesteerder sit lank
Lihle Khoza (32) is in die Empangeni-streekshof in KwaZulu-Natal skuldig bevind en gevonnis nadat hy twee tienermeisies, onderskeidelik 14 en 16 jaar oud, in 2013 gemolesteer het.
ToekomsVenster: Vyand of vriend van hoop
Ons taak as geloofsgemeenskap is om naby mense te wees wat besig is om hoop te verloor. Dit maak nie saak wat die oorsaak daarvan is nie. Dit maak nie saak of die persoon dit oor homself of haarself gebring het nie. Ons moet daar wees.
Griekwasliga: mededingende reeks in vooruitsig
Die eerste ronde-uitslae in die Griekwas se Superliga dui daarop dat die reeks heel mededingend kan verloop.
‘Korrupsie in ANC soos ʼn kanker’
Mmusi Maimane, leier van die DA, het Dinsdag behoorlik onder pres. Jacob Zuma en die ANC ingevaar.
Regslui bespreek Nkandla-uitspraak tydens seminaar
Lede van die publiek wat antwoorde op vrae rondom die onlangse Nkandla-uitspraak verlang, word genooi om die VRA se blitsseminaar oor dié veelbesproke uitspraak by te woon.
Skerp verhoging in melkpryse verwag
Verbruikers sal na verwagting van volgende maand aansienlik meer vir melk moet opdok, aangesien produksietekorte melkboere reeds in die gesig staar.
Student spog met radiodrama op RSG
Erica Harris, ʼn derdejaarstudent in kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit, se radiodrama Die eksentriekes word op 7 April uitgesaai as deel van RSG se eerste Radioteater-seisoen vir 2016.
Tuinier soek ná verkragting van 14-jarige
Die Bethlehem-polisie in die Vrystaat is op soek na ʼn tuinier wat na bewering ʼn 14-jarige meisie by haar ouerhuis in die dorp aangerand, verkrag en beroof het.
Outisme-bewusmakingsmaand – ʼn Persoonlike ervaring
Om ’n outistiese kind te hê is die begin van ’n nuwe fase in ’n mens se lewe, nie die einde nie.
Zuma: Volstruispolitiek ‘slaan met stomheid’
Ek is nie iemand wat maklik sprakeloos is nie. Maar Vrydagaand, toe pres. Jacob Zuma die nasie op televisie toespreek, was ek met stomheid geslaan. Dis versterk deur die reaksie van die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe.
Bobbejaan maak amok op snelweg
ʼn Motoris is Dinsdag beseer toe ʼn bobbejaan op die N4-snelweg in Nelspruit rondgeloop en ʼn botsing veroorsaak het.
KZN-liga: Wegholseges kenmerk Wahl se dag
Vier wegholseges het die afskop van die KwaZulu-Natalse Premierliga op die Wahl Baartmann-klubdag op Kingspark in Durban gekenmerk.
‘Speaker verskoon jouself’
Opposisiepartye het Dinsdag in die Nasionale Vergadering soos een man geëis: “Speaker verskoon jouself”.
Tokai-moord: Borgaansoek uitgestel
Die borgaansoek van die vier beskuldigdes in die moord- en verkragtingsaak van Franziska Blochliger (16) is Woensdag in die Wynberg-landdroshof uitgestel.