Uitdrukking:
Met spek skiet
Betekenis:
Onwaarhede vertel
Waar kom dit vandaan?
Volgens oorlewering het ‘n beleërde burg se inwoners die vyand probeer wysmaak dat hulle genoeg kos het om die beleg onbepaald te weerstaan. Toe hulle gewone ammunisie opraak, het hulle spekboude na die vyand geslinger om die punt te maak. Op hierdie manier het hulle dus die waarheid verdraai.
‘n Ander teorie maak nie regtig sin nie, naamlik dat in ‘n seegeveg kanonkoeëls met brandende spek na die vyand geskiet is, wat sy skepe aan die brand sou laat slaan.