Woord:
muisneste hê
Betekenis:
Deurmekaar wees van verliefdheid
Waar kom dit vandaan?
Muizenissen in Nederlands is afgelei van Middelnederlands musen “peins” (vergelyk Engels “to muse”); later het dit die betekenis van “swaarmoedige gedagtes” gekry, wat ‘n mens afgetrokke laat raak. Waarnemers sou dan dink dat iemand deurmekaar is.