Uitdrukking: ʼn Blou Maandag

Argieffoto (Foto: Robin Higgins/Pixabay)

Uitdrukking:
ʼn Blou Maandag

Betekenis:
ʼn Dag waarop alles verkeerd loop

Waar kom dit vandaan?
Die byvoeglike naamwoord blaauw het in die Middeleeue en ook later die betekenis van “nietig, van weinig waarde” gehad; ʼn blou Maandag was dus ʼn Maandag van geen besondere betekenis nie, terwyl Sondag die feesdag was waarop daar nie gewerk is nie.

ʼn Ander moontlike verklaring het te make met die Maandag voor die vastyd in die kerk, wanneer die beelde, die altaar, die doopvont en die kansel met blou doeke behang is Aangesien dié dag in die Middeleeue ook Goeie Maandag genoem is, lyk laasgenoemde verklaring nie aanvaarbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.