Na verstaan word, is daar tans geen aptyt hoegenaamd binne die EFF-leierskap om met die ANC saam te werk nie.
Lees meerAlles vir Maandag 21 Oktober 2019
Aktiviste boos oor eksplorasie aan KZN-kus
ʼn Koalisie bestaande uit 16 omgewingsgroepe van oor die provinsie het Maandag op die Durbanse strand hul voorneme aangekondig om ingevolge die openbare deelname-proses appèl aan te teken.
Kaapstad oorskry daaglikse waterverbruikteiken
Die vlakke van damme wat Kaapstad van water voorsien, staan tans op 79,7%, ʼn daling van 1% sedert die vorige week.
Mashaba-bedanking toon DA-verknorsing
Zille se oorwinning was ten spyte van Maimane en agt van die nege provinsiale leiers se openbare steun aan Trollip.
Talle agter tralies; duisende boetes in Kaapstad uitgereik
Minibustaxi’s het Vrydag verkeer in die omgewing van Station Deck ontwrig. Hulle het protes aangeteken teen die uitreik van boetes, lasbriewe vir verkeersoortredings en die skut van taxi’s wat onwettig bedryf word.
Gauteng-gedeelte van dodelike Moloto-pad ook aan Sanral oorgedra
Sanral beoog glo om die pad van ʼn enkelbaan na ʼn dubbele baan te verbreed.
Geen verdagtes nog vas ná Grabouw-aanvalle
Minstens drie aanvalle is die afgelope week in die Grabouw-omgewing aangemeld.
Myeni kry wéér uitstel in hof
Die burgerregtegroep Outa en die Vlieëniersvereniging van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (Saapa) het die aansoek al in Maart 2017 ingedien.
ToekomsVenster: Kyk soos God kyk
Die beste kwalifikasies is die wat Dawid het: ‘n nederige afhanklikheid en ʼn hart wat warm klop vir God. Kan God jou gebruik want hy het ‘n mooi pad vir jou!
Produksie bring hulde aan Gé Korsten
In die produksie word oudiovisuele argiefmateriaal teen ʼn reuseskerm geprojekteer om die gehoor ʼn oorsig oor sy werk te gee.
Swendelaar se turf sit
Wilmot het in dié tyd sy beleggers deurlopend gerus gestel dat hul beleggings in veilige hande is en in waarde vermeerder. Hy het selfs fiktiewe dokumente as bewyse aan hulle voorgelê “tot hy nie meer die leuens kon volhou nie”.
Puk-dosent sterf toe hy in sloot op kampus beland
’n Dosent aan die NWU is dood nadat hy die naweek in ’n sloot op die kampus geval het.
Kanaalreis inspirasie agter Annelie Botes se boek
Só skryf Annelie Botes in haar nuutste boek, Kammaland, oor die wintersdag in Junie 2017 toe sy haar man, Chris, oorreed het om saam met haar die kanale van Engeland met ʼn boot in te vaar.
Peyper dalk in die sop oor kiekie
Suid-Afrika se voorste rugbyskeidsregter, Jaco Peyper, kan dalk self ’n rooi kaart kry oor beweerde ’n foto wat op sosiale media die rondte doen.
Mango-passasiers wag vier ure vir vliegtuig
Volgens die lugredery moes hulle ʼn ander vliegtuig reël, omdat die oorspronklike vliegtuig nie betyds vrygestel is nie, nadat dit beplande onderhoud moes ondergaan.
Foto’s: Citroën is terug in SA!
Dit is ʼn puik pakket teen ʼn billike prys – én dis iets anders as wat jy gewoonlik kry.
Atleet hardloop kilometers vir plaasaanvalslagoffers
Roux is by AfriForum se trauma-ondersteuningseenheid betrokke en het besluit om ʼn geldinsamelingsinisiatief van stapel te stuur ter bewusmaking van slagoffers van geweldsmisdaad – veral dié van plaasaanvalle.
Polisieman vas ná hy glo sy vrou skiet
ʼn Brigadier in die polisie word van poging tot moord aangekla nadat hy glo sy vrou in die arm geskiet het.
‘I’m here to kill you’, voor rower man op plaas aanval
WAARSKUWING: Die foto’s in die berig is grafies van aard en kan sommige lesers ontstel.
Die aanvaller het ná verskeie probeerslae die diefwering in een van die slaapkamers uit die houtraam geskop.
Boek: Soekmekaar
“Soekmekaar” is ’n stuk of vyftig stories waarin Dana Snyman besin oor enigiets van Donald Trump tot ’n veertigste skoolreünie.