Myeni kry wéér uitstel in hof

Die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Maroela Media

Die stryd om Dudu Myeni, die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se voormalige raadsvoorsitter, tot misdadige direkteur te laat verklaar, het vandag wéér ʼn terugslag gehad nadat nóg ʼn uitstel in die hof aan Myeni toegestaan is.

Dit is gedoen om Myeni kans te gee om nuwe hofstukke by die hooggeregshof in Pretoria in te dien.

Die burgerregtegroep Outa en die Vlieëniersvereniging van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (Saapa) het die aansoek al in Maart 2017 ingedien.

Volgens Outa het die SAL onder Myeni se voorsitterskap nagenoeg R16 miljard verloor.

Die verhoor was vir 7 Oktober geskeduleer, maar is twee keer uitgestel nadat Myeni nie opgedaag het nie. Sy het aanvanklik aan die hof gesê dat sy nie geld het om van KwaZulu-Natal na Pretoria te reis nie.

Die ander vertragings is veroorsaak deur die onttrekking van twee regspanne wat vantevore vir Myeni opgetree het. Haar voorlaaste regspan het twee weke voor die Oktober-datum onttrek.

Verlede week het Myeni se nuwe regsverteenwoordiger, adv. Nqabayethu Buthelezi, die hof verseker dat hy Myeni regdeur die verhoor sal verteenwoordig.

Regter Ronel Tolmay het die saak tot 25 November uitgestel. Die verhoordatum is vir Januarie aanstaande jaar vasgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

MH ·

Sy het goed by haar baas geleer hoe skelm kaders hofsake kan bly uitstel.

Frikkie Geld en huis ·

Haar bedmaat het haar geleer hoe om die hofsaak vir ewig te rek.

Dawie ·

Is daar nie iets soos minagting vd hof nie of is dit net vir sommige mense ,verder wil ek weet as jy die eerste keer nie opdaag nie word daar dan nie n lasbrief vir jou in hegtenisname uitgereik nie?

nannie ·

Minagting geld net vir sekere mense. Lasbrief weet ek ook nie so mooi nie. Die oupa van my kleinkind het al 4 dagvaardigings gekry om by die onderhoudshof op te daag maar is net nooit daar nie.

Swart Piet ·

Dis darem maar lekker as jy pelle op die regte plekke het. Ek glo nie ons arme gepeupel so met sulke stories in die hof kon wegkom nie.

Johann ·

Een van DIE mees onaantasbare arrogante ZUMAIKIES! Geen verandwoordbaarheid vir haar blatante onbekwame plundertog nie.

Hanna Hoekom ·

Zuma en Mal-ema speel ook daardie game. Blykbaar werk dit.

Andrea van Vuren ·

Sy is verantwoordelik vir groot gedeeltes van ons land se ondergang onder haar leermeester Zuma se leierskap.

Pietman ·

Ek vra, want ek weet nie. Is daar enige limiet tot die mate waartoe die sake ad infinitum uitgestel kan word, byvoorbeeld, deur om elke keer met nuwe regsadviseurs te kom?

Johann cb ·

Hoekom word hierdie dame nie van minagting van die hof aangekla nie?

wilma ·

Gn gewete. Gn breins. Jy het dit of jy het dit nie. Finish en klaar. Die arrogantes wili erken

Piet ·

Begin hofamptenare verantwoordelik te hou. Uiterste minagting.

Boy van die Suburbs ·

Dudu en Zumpie gooi kole. Weet nie, wie het by wie, geleer nie! As ek reg onthou, is sy mos ou Zumpie se girlfriend……of volgende vrou!

Arno ·

Wanneer gaan ons regters voet neersit en begin strenger optree. Hierdie mense maak net soos hulle wil en regters lyk my te bang om iets daar omtrent te doen

Elvira ·

He he, sy speel hulle lekker. Gaan sekerlik niks van hierdie saak kom nie.

IRest Mycase ·

Besef mense nog nie hoe die regstelsel werk nie? Die onaantasbares in die a en c is altyd onskuldig, maar as jou vel wit is, is jy verantwoordelik vir als wat verkeerd is in die land!

Willem Grobler ·

Ek is nie eens seker hoe jy 16miljard in syfers skryf nie! Wat is dit 16,000,000,000? Rand verloor???

Thelsa ·

Hierdie saak gaan soos die Persoon se naam ook Doedoe. Ek, wat ‘n man is, het ‘n groter kans op swangerskap as wat sy vervolg gaan word.

Ore ·

Sy het nie geld om te ry nie maar sy het ‘n regspan? Het sy haar ruim salaris en ekstras met die komplimente van die Guptas so vinnig uitgeleef? Zuma het haar mooi geleer hoe om die lang arm van die gereg te omseil.

Ella ·

Julle speel.met haar en dit kos die belastingbetaler geld.
Wat sy eintlik vir die howe sê is: ek bo die wet en wat gaan julle daaraan doen?
Hierdie saak gaan nog uitgegooi word, wag en kyk….

Willem Grobler ·

…but some animals were more equal than others…

jakes ·

Die uitstel van hofsake het algemene praktyk geword in SA. Gegewe die feit dat howe slegs 3 en n halwe uur per dag werk en dat skuldigbevindings minder as 20% is, bewys dat kriminele die howe en die misdaad beheer in SA. Die Zondo kommisie kos miljoene en dadels sal daarvan kom.

Dries Moolman ·

Laat ek nou nie by die hof opdaag nie oor ek ‘n verkeersboete ignoreer, dan sal ek seker summier in die tronk gesmyt word.

JohanR ·

Is hulle bang om Jacob Zuma se matras te gaan haal, en op te sluit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.