Kaapstad oorskry daaglikse waterverbruikteiken

tafelberg-kaapstad-suid-afrika

(Foto: Arno Smit/Unsplash)

Die Stad Kaapstad sê hy het vir die eerste keer sedert die huidige waterbeperkings ingestel is, sy waterbesparingsteiken oorskry.

Die vlakke van damme wat Kaapstad van water voorsien, staan tans op 79,7%, ʼn daling van 1% sedert die vorige week. Die stad se gesamentlike waterverbruik verlede week was 657 miljoen liter per dag.

“Ons doen ʼn beroep op inwoners om waterverbruik oor die volgende paar weke fyn dop te hou en gepas te reageer as die opwaartse neiging in waterverbruik voortduur,” het Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid vir water en afval, gesê.

“Damvlakke het gedaal tot net onder die 80%-merk en die afname gaan waarskynlik oor die somermaande versnel. Hierdie jaar was tot dusver nóg ʼn droër as gewone jaar en as ons aanneem dat dié neiging gaan voortduur, is dit belangrik dat inwoners bewus bly van hul waterverbruik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gatvol ·

Sê gou vir my, wat doen julle met die waterheffing wat julle so wederegtelik van ons verbruikers hef elke maand?? Was dit veronderstel om gebruik te word om die water infrastuktuur op te knap nie??? Ek sal eers weer emmertjies begin rondra in my huis wanneer julle erenstig is om die probleem op te los!! Hou op om die probleem uit te wys, begin om dit aan te spreek!!!

Pieter ·

Die slim ANC het mos in vier en negintig vir almal krag en water belowe wil sien waar gaan hulle water kry kyk hoe lyk ons damme en riviere stink net soos die ANC

Emmervol ·

Ek stem 100% saam. Kaapstad se waterplan kan eenvoudig nie daaruit bestaan dat inwoners voortdurend gevra of gemaan word om minder water te gebruik nie. Alternatiewe waterbronne (ontsouting, ondergrondse water, ens) moet oordeelkundig ontgin word. Ons betaal heffing op heffing, maar sien nie dat enigiets daarmee gedoen word om langtermynoplossings vir ons waterkwessie te vind nie. Geen emmers vol water vir my voordat die ANC-lite in Kaapstad nie iets daadwerkliks met ons geld doen nie.

Pieter Botha ·

Die Vaaldam en Vaalrivier loop leeg deur die Oranjerivier die see in….biljoene liters n jaar…skraap damme vir daai drinkwater.

John ·

Kaap-stad is nie die enigste plek in SA wat water gebruik nie… Of wil die stad al die aandag kaap. Wat van ander plekke sonder water of wat al vir jaaaaare nie tuinslange mag gebruik nie en net die muskiete in die leè swembaddens baljaar.

Keelvol ·

Reenseisoen loop miljoene liters ook die see in hier in Kaap.
Ons moet water spaar, ma word beboet deur heffings, om hul geldkasste vol te maak.
Ek stem staan met bog., ons riviere en damme stink nes Anc (en Anc lite)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.