Uitdrukking: ʼn Brawe Hendrik

Argieffoto (happy-pregnancy.blogspot.com)

Uitdrukking:
ʼn Brawe Hendrik

Betekenis:
ʼn Man wat alte goed wil wees; ʼn seun wat te soet en voorbeeldig is (Engels: a goody-goody; a boy too good to be true)

Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan die titel van die gewilde 19de-eeuse Nederlandse boek van Noicolaas Anslijn (1777-1838) waarin Hendrik as skynheilige uitgebeeld word. Dit is opgevolg deur De Brave Maria. Braaf in Nederlands beteken “deugsaam, goed, gaaf”, nie “dapper” nie.
Vergelyk ook: ʼn Brawe Maria – ʼn voorbeeldige meisie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.