Uitdrukking: Vol krupsies wees

Argieffoto (Foto: RobinHiggins, Pixabay)

Uitdrukking:
Vol krupsies wees

Betekenis:
Vol denkbeeldige kwale wees: Sy verveel hom tot sterwens toe met al haar krupsies (V. Francis in Sarie, 16 Aug. 1972, 57). • Die meisietjie … (was) maer soos ‘n graatjie, ja, bleeksugtig en … vol allerhande krupsies en kwale (V. Francis in Sarie, 25 Sept. 1974, 93). • Krupsies (corrupties), verouderde kwalen: die man is vol krupsies (A.N.E. Changuion, 1844, in H.J.J.M. v.d. Merwe: Vr. Wdl., 1971, 12).

Waar kom dit vandaan?
Krupsies is ʼn vervorming van Middelnederlands corrupties wat “bederf, veral van die liggaam” beteken het.

Bronne: Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), Spreekwoorde en Waar Hulle Vandaan Kom

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.