
Foto: Facebook.
Byderhand is ʼn splinternuwe interaktiewe leeservaring wat vanjaar tydens die Aardklop Nasionale Kunstefees plaasvind.
Byderhand bestaan uit ʼn verskeidenheid kleiner projekte soos Tuinverse, Rusplekstories, Dwaalverhaal en Taxistrips. Talle bekende skrywers soos Hans du Plessis en TT Cloete was betrokke by die projek.
Vir Tuinverse is ʼn paar digters genader om poësie spesifiek vir die Botaniese Tuin te skryf en voor te lees. Daar word dan gebruik gemaak van sogenaamde QR-kodes wat die leser toelaat om nie net ʼn gedig in die Botaniese Tuin te lees nie, maar ook die geleentheid bied om dit in meer as een vorm te beleef.
Die projek word aangebied deur die vakgroep Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus. Maroela Media het met prof. Franci Greyling van dié vakgroep gesels oor hoe die projek tot stand gekom het en hoekom dit belangrik is vir mense om literatuur op ʼn interaktiewe manier te beleef.
Vir meer oor Byderhand, besoek gerus hul Facebook-blad. Die Aardklop Nasionale Kunstefees vind van 6 tot 10 Oktober 2015 in Potchefstroom plaas.