Taalgebruik: aantal, getal, hoeveelheid

Argieffoto (Foto: alexramos10, Pixabay)

Taalgebruikers struikel soms oor die verskil in gebruik tussen aantal, getal en hoeveelheid. Watter woord moet jy wanneer gebruik?

Hierdie drie woorde, en veral die eerste twee, is nie altyd maklik om te onderskei nie. In breë trekke verwys aantal gewoonlik na iets telbaars wat nog ongeteld is, getal na iets telbaars wat wel getel is en hoeveelheid na iets ontelbaars, byvoorbeeld: ʼn Onbekende aantal mense het in die vloed omgekom; die getal leerders wat matriek slaag, neem elke jaar toe; ʼn groot hoeveelheid olie het op die strand uitgespoel (maar: die aantal vate olie wat per dag geproduseer word).

Die onderskeid tussen hoeveelheid en aantal/getal is duidelik genoeg, maar die onderskeid tussen aantal en getal nie altyd nie; ons sê immers Groot getalle [NIE *aantalle nie] visse in die dam het gevrek of ʼn Groot aantal visse in die dam het gevrek. In die algemeen is getal egter bepaald en aantal onbepaald.

Bron: HAT Taal- en feitegids

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.