Taalgebruik: belangeloos, onbelangstellend

Argieffoto

belangeloos
1 sonder belangstelling: belangeloos na ’n droë lesing sit en luister.
2 sonder betaling; sonder om eie voordeel te soek: belangeloos optree uit liefde vir die saak.

onbelangstellend
sonder om belang te stel: Sy het ’n tydskrif opgetel en onbelangstellend daardeur geblaai (Eleanor Baker). As sy tot dan nog af en toe na hom gekyk het, dwaal haar oë nou, die kykers leeg en onbelangstellend (Eben Venter).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.