Taalgebruik: grootte, grote

Argieffoto (Foto: Gisela Merkuur/Pixabay)

Taalgebruikers struikel soms met die gebruik van “grootte” en “grote”.

Die Afrikaans vir size is grootte. Die selfstandige naamwoord grote beteken “die groot een”. ʼn Skoen van dié grootte of net so ʼn groot skoen [NIE: dié dieselfde grootte skoen]. ʼn Standbeeld is lewensgroot of van lewensgrootte [NIE: ʼn lewensgrootte standbeeld] asook ʼn koningsgroot bed of ʼn bed van koningsgrootte.

grootte
1 afmetings; omvang; uitgebreidheid: die grootte van ʼn huis/plaas/stad; Watter grootte rok/hemp/skoen dra jy?
2 [geen meervoud] toestand/hoedanigheid van meer as die normale of gewone afmetings/omvang/uitgestrektheid te besit: ʼn stoeier/kantoorgebou/dam wat indrukwekkend is vanweë sy grootte; toeneem in grootte en belangrikheid

grote
1 iets wat groot afmetings het: Ek sal die klein stukkie eet; neem jy die grote; Die grote het weggekom, sê die vissermanne altyd
2 volgroeide mens/dier: Die grotes en die kleintjies moet geskei word
3 belangrike persoon: Alexander die Grote

Bron: Skryf Afrikaans van A tot Z en Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe) (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

kaplyn ·

Baie dankie!!! Sal julle asseblief ook in taalgebruik skryf oor “is” en “was” ASOOK “word” en “raak”?
Dit irriteer my grensloos as iemand sê “Ek was in die Pietersburg hospitaal gebore.” in plaas van “Ek is in die Pietersburg hospitaal gebore”. En ook oor die gebruik van “Wanneer n kind gebore raak......." in plaas van "Wanneern kind gebore word…….”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.