Universiteit – magasyn van kennis wat ontstaan deurdat dosente wat oor die jare aangestel word elkeen ‘n bietjie kennis saambring, en deurdat die studente vir wie hulle klas gee byna niks wegneem nie – gevolglik gaar die kennis op.
Verdraagsaamheid – ‘n soort wanhoop wat aangedien word as ‘n deug.
Verwaandes – mense wat dink hulle is alles wat ek wéét dat ek is.
Vleiery – die kuns om iemand te vertel presies wat hy van homself dink, op so ‘n manier dat hy meer van jóú dink.
Vooruitgang – ‘n koei wat jóú melk.
Vrouens – probleme waarmee mans graag worstel.
Sien ook Dol definisies – R, S
Oorspronklik gepubliseer in die boek, Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink en geïllustreer deur Piet Grobler.
Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers, 1998