Betekenis:
1 (t.o.v. die Christelike geloof) ‘n Fees wat jaarliks gevier word om die opstanding van Christus te herdenk; sin. Pase: Paasfees moet vir die Europeër eintlik meer beteken as vir ons … Nie net vier hulle dan die wederopstanding van Christus nie, maar die fees val by hulle in die lente, wanneer die natuur nuwe lewe kry (Boerd. S.A., Mrt. 1967, 71).
2 (t.o.v. die Joodse geloof) ‘n Fees ter herdenking v.d. uittog v.d. Israeliete uit Egipte, wat 7 tot 8 dae duur, en waartydens ongesuurde brood geëet en die paaslam geslag word; sin. Pasga, Pesach.
Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal