Soms let ons nie op wat ons skryf nie, en die uiteinde is totaal onsinnig! Hier is ‘n paar uitstekende voorbeelde…
Ek is wakker gemaak deur die getjank van ‘n hond wat deur die oop venster gekom het.
SJ du Toit het gelewe tot sy dood op 28 Mei 1911.
In die Karoo is die riviere so droog dat hulle meestal sonder water vloei.
Wanneer die pelgrims op kruistogte vertrek het, het hulle verwag dat hulle dood sou terugkeer.
Berig in Die Burger, 5 September 1994, bl. 1: “Voordat die laaste bemanningslid afgespring het, het hy 18 grade na stuurboord oorgehel. Daar was ook ‘n lelike bars in sy romp.”
Lincoln het sy beroemde Gettysburgse toespraak geskryf terwyl hy van Washington na Gettysburg op reis was agter op ‘n ou koevert.
Hy het vroeg reeds die pad na sukses in sy kop geteer.
Oorspronklik gepubliseer in die boek Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink met illustrasies deur Piet Grobler.
Uitgewers: Tafelberg, 1998
Jo-jo-jo. Ai toggie, vir die kwinte en die kwale. As leestekens gelees kon word, sal al dese ‘spreuke’ tog wel sin maak.. Veral die eerste en laaste laaste ‘geteerde’ kunstigheid.