WAT Woord van die week: padpredikant

Argieffoto (Foto: Wilfried Pohnke/Pixabay)

Woord:
padpredikant

Betekenis:
“Padpredikant” is ʼn verouderde woord en dit word dikwels op ʼn skertsende wyse gebruik.

Dit is ʼn padwyser, veral van die soort wat by padaansluitings aangetref word, bestaande uit ʼn regoppaal met een of meer gepunte arms wat die rigting en afstand na ‘n plek of plekke aandui: Reg voor die winkel staan ʼn padpredikant wat jou die afstand aandui na omtrent al wat ʼn belangrike plek in die wêreld is (Burg., 5 Nov. 1993, Snuffelgids, 7). • Padpredikante in olifantwêreld word beskerm teen olifante wat die gewoonte het om die paaltjies uit te trek, deur groot puntige klippe rondom dit te pak (Volksbl., 13 Apr. 1971, 2). • Ry ʼn mens deur Rehoboth, is jy tuis tussen die naamborde en padpredikantjies. Van die destydse Namaname leef baie nog voort (Huisg., 14 Okt. 1977, 31).

Hierdie interessante brokkie verskyn in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Ondersteun gerus hulle Borg ʼn Woord-projek.

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.