Woord: atjar

Argieffoto (Foto: RyanMcGuire, Pixabay)

Woord:
atjar

Betekenis:
Mengsel van fyngesnyde vrugte en groente in ʼn asynspeserymengsel gepreserveer.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands atjar (1617 in die vorm atchaer) ‘groente en vrugte in asyn ingelê, as bygereg’ of Maleis achar, acar ‘gekruide suurtjie, voorgereggie’. Eerste optekening in vroeë Afrikaans in 1694 in die vorm achaar (Scholtz 1972), waarna in Afrikaans by Changuion (1844). Nederlands atjar uit Maleis achar, acar uit Persies achar ‘suurtjie’.

Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.