Woord: Croesus, ʼn Croesus
Betekenis: ʼn Skatryk persoon.
A Croesus. RYKDOM
Croesus, die laaste koning van Lidië, ʼn antieke land in Klein-Asië, het van ongeveer 500 vC tot 546 vC geregeer. Hy het al die Griekse stede in die gebied wat vandag Turkye is, verower en het ʼn kolossale buitskat opgebou wat van hom die rykste mens van sy tyd gemaak het.
Wat meer merkwaardig is, is dat Croesus in 500 vC die eerste tydreissende Monarg geword het en 46 jaar voor die aanvang van sy bewind steeds aan die stuur van sake was!